Bangor

Hierdie artikel handel oor die nedersetting in Noord-Ierland. Vir ander betekenisse, sien gerus Bangor (dubbelsinnig).
Bangor


Bengor (Skots)


Beannchor (Iers-Gaelies)
Dorp
Victoriaanse terrashuise in Seacliff Road
Victoriaanse terrashuise in Seacliff Road
Bangor is in Noord-Ierland
Bangor
Bangor
Koördinate: 54°39′00″N 5°40′00″W / 54.65000°N 5.66667°W / 54.65000; -5.66667
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land (VK)Noord-Ierland
CountyDown
Bevolking
 • Totaal60 260
 • Digtheid9/km2 (20/vk. myl)
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
BT19, BT20
Skakelkodes028
Webwerfardsandnorthdown.gov.uk

Bangor (afgelei van Iers Beannchor) is 'n groot nedersetting in die graafskap Down, Noord-Ierland, sowat 22 km oos van Belfast se middestad. Volgens sy bevolkingstal is Bangor die vyfde grootste nedersetting in Noord-Ierland na Belfast, Derry, Lisburn en Newtownabbey. Alhoewel Bangor 'n belangrike ekonomiese en administratiewe sentrum in eie reg vorm (die distriksraad van Ards and North Down vergader in Bangor-kasteel), maak dit deel uit van Belfast se metropolitaanse gebied en dien as residensiële nedersetting vir pendelaars wat in die Noord-Ierse hoofstad werk.

Danksy sy ligging aan die see en sy groot bootshawe Bangor Marina - een van die grootstes in Ierland - het Bangor tot 'n gewilde toeristebestemming ontwikkel. Die plaaslike strand het blouvlagstatus.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search